7 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.
8 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Dat ek krank is van liefde.
9 Wat is u beminde meer as ’n ander beminde, o skoonste onder die vroue — wat is u beminde meer as ’n ander beminde, dat u ons so besweer het?
10 My beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tienduisend.
11 Sy hoof is goud, suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos ’n raaf,
12 sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by ’n volle bron.
13 Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.