6 Ja, hulle het hul hart gemaak soos ’n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos ’n vuurvlam.
7 Hulle almal gloei soos ’n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
8 Efraim — hy vermeng hom met die volke; Efraim is ’n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
10 Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
11 So het Efraim dan geword soos ’n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.
12 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.