13 En die woord van die Here het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien ’n kokende pot wat van die noorde af kyk.
14 Toe sê die Here vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.
15 Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die Here; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.
16 En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.
17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.
18 Want kyk, Ek maak jou vandag ’n versterkte stad en ’n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.
19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die Here, om jou uit te red.