18 EN die Here het my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien.
19 Maar ek was soos ’n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroei uit die land van die lewendes, sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!
20 Maar, o Here van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
21 Daarom, so spreek die Here aangaande die manne van Ánatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die Here nie, anders sal jy sterwe deur ons hand —
22 daarom, so spreek die Here van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,
23 en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; want Ek sal onheil bring oor die manne van Ánatot in die jaar van hulle besoeking.