3 En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof.
4 Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
5 Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
6 En wilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.
7 Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o Here, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.
8 o Verwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos ’n vreemdeling in die land en soos ’n reisiger wat uitdraai om te vernag?
9 Waarom sou U wees soos ’n man wat verslae is, soos ’n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, o Here, en u Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!