10 En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het die Here al hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen die Here onse God begaan het? —
11 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die Here, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,
12 en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.
13 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie land na ’n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.
14 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die Here leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;
15 maar: So waar as die Here leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.
16 Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die Here, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure.