16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ’n buit.
17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.
18 So sê die Here: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en ’n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.
20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die Here.
22 En julle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees.