21 en u volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur ’n groot verskrikking,
22 en aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning;
23 en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na u stem geluister en in u wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.
24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit!
25 En tog het U, Here Here, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!
26 Toe het die woord van die Here tot Jeremia gekom en gesê:
27 Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?