2 So spreek die Here: Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom ’n buit wees, en hy sal lewe.
3 So spreek die Here: Hierdie stad sal sekerlik oorgegee word in die mag van die leër van die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
4 Toe het die vorste aan die koning gesê: Laat hierdie man tog gedood word, want so maak hy die hande van die krygsmanne slap wat in hierdie stad nog oor is en die hande van die hele volk deur sulke woorde tot hulle te spreek; want dié man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar die onheil.
5 En koning Sedekía het gesê: Kyk, hy is in julle mag, want die koning kan niks teen julle doen nie.
6 Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkía, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
7 En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, ’n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het — die koning het toe in die Benjaminspoort gesit —
8 het Ebed-Meleg uit die paleis van die koning gegaan en met die koning gespreek en gesê: