21 Ja, ’n oordeel het gekom oor die land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en oor Mefáät,
22 en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblatáim,
23 en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,
24 en oor Kérijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is.
25 Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek die Here.
26 Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die Here, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook ’n belagging word.
27 Want was Israel vir jou nie ’n bespotting nie? Of is hy onder die diewe betrap, dat jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?