29 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor — hy is baie trots! — van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.
30 Ek ken sy grimmigheid, spreek die Here, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.
31 Daarom sal ek oor Moab huil, ja, oor die hele Moab dit uitskreeu; oor die manne van Kir-Heres sug hulle.
32 Bo die geween van Jaéser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het gegaan oor die see, tot by die see van Jaéser het hulle gekom — die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.
33 Daarom is vreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie.
34 Weens die geskreeu van Hesbon tot by Eleále, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horonáim, Eglat-Selísia; want ook die waters van Nimrim sal ’n woesteny word.
35 En Ek sal in Moab ’n einde maak, spreek die Here, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.