20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die Here wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is ’n geskreeu — by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.
22 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos ’n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in dié dag wees soos die hart van ’n vrou wat in nood is.
23 OOR Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.
24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.
25 Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!
26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in dié dag omkom, spreek die Here van die leërskare.