17 En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.
18 Nogtans sal Ek ook in dié dae, spreek die Here, nie ’n einde aan julle maak nie.
19 En as julle sê: Waarvoor het die Here onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in ’n land wat julle s’n nie is nie.
20 Verkondig dit in die huis van Jakob, en laat dit hoor in Juda en sê:
21 Hoor dit tog, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!
22 Sou julle vir Mý nie bevrees wees nie, spreek die Here, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, ’n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.
23 Maar hierdie volk het ’n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;