5 Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die Here van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.
6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here: Hy gee hom sy verdiende loon.
7 Babel was in die hand van die Here ’n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
8 Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.
9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.
10 Die Here het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die werk van die Here onse God!
11 Maak skerp die pyle, vat die skilde! Die Here het die gees van die konings van Medië opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes; want dit is die wraak van die Here, die wraak van sy tempel.