16 So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
17 Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.
18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!
19 Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.
20 Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ’n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.
21 Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.
22 So sê die Here: Kyk, daar kom ’n volk uit die Noordland, en ’n groot nasie word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.