26 Dogter van my volk, omgord jou met ’n roukleed en wentel jou in die as; bedryf rou soos oor ’n enigste kind, ’n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.
27 Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.
28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik.
29 Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie.
30 Hulle word genoem: Verworpe silwer; want die Here het hulle verwerp.