4 Heilig die oorlog teen haar! Staan op, en laat ons optrek op die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!
5 Staan op, en laat ons optrek in die nag, en laat ons haar paleise verwoes!
6 Want so sê die Here van die leërskare: Kap haar bome af, en gooi teen Jerusalem ’n wal op; dit is die stad wat besoek word; binne-in haar is net verdrukking.
7 Soos ’n put sy water fris hou, so hou sy haar boosheid fris; geweld en verdrukking word in haar gehoor, siektes en wonde is gedurig voor my aangesig.
8 Laat jou tugtig, Jerusalem, dat my siel nie van jou vervreemd word nie, dat Ek jou nie ’n wildernis maak, ’n onbewoonde land nie.
9 So sê die Here van die leërskare: Hulle sal die oorblyfsel van Israel skoon afoes soos ’n wingerdstok. Slaan jou hand weer soos ’n druiwesnyer aan die lote!
10 Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die Here is vir hulle ’n smaad, hulle het daar geen behae in nie.