13 Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die Here. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle dié bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.
14 Waarom bly ons sit? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want die Here onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die Here gesondig het.
15 Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op ’n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.
16 Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; en hulle kom en eet die land op en sy volheid, die stad en die wat daarin woon.
17 Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die Here.
18 Ag, kon ek my maar opvrolik in kommer! My hart is krank in my.
19 Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit ’n baie ver land: Is die Here nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode?