3 En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die Here.
4 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ’n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.
5 En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.
6 Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die Here.
7 Daarom, so sê die Here van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
8 Hulle tong is ’n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.
9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die Here. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?