9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die Here. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?
10 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en ’n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en ’n mens hoor geen geluid van vee nie; die voëls van die hemel sowel as die diere — hulle het gevlug, weggetrek.
11 En Ek sal Jerusalem maak tot kliphope, ’n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek ’n woesteny maak, sonder inwoner.
12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die Here gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?
13 En die Here het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,
14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan, waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,
15 daarom, so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wildeals om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink,