Josua 12:1-7 AFR53

1 EN dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;

4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit ’n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.

6 Moses, die kneg van die Here, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die Here, het dit as ’n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

7 En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as ’n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings —