1 EN die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, nadie woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;
2 verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;
3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.
4 So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ’n erfdeel ontvang.
5 En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte — die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;