28 En uit die stam van Íssaskar: Kisjon met sy weiveld, en Dáberat met sy weiveld,
29 Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.
30 En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,
31 Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.
32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;
33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.
34 En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was — uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,