36 En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,
37 Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.
38 En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,
39 Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.
40 Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.
41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt-en-veertig stede met hulle weiveld.
42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.