1 TOE het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep
2 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie — dit is nou baie dae al tot vandag toe — en het die ordening van die gebod van die Here julle God onderhou.
4 Maar nou het die Here julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die Here, julle oorkant die Jordaan gegee het.