28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die Here wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar ’n getuie is hy tussen ons en julle.
29 Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die Here en vandag afvallig sou word van die Here deur ’n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die Here onse God wat voor sy tabernakel staan.
30 Toe Pínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.
31 Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die Here in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die Here nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die Here.
32 Daarop het Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land Gílead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle ’n antwoord gebring.
33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.
34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die Here God is.