18 en die Here het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die Here dien, want Hy is onse God.
19 Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is ’n heilige God, Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
20 As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
21 Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal die Here dien.
22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die Here gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
23 Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die Here, die God van Israel.
24 Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die Here onse God dien en na sy stem luister.