10 Dalet. Hy is ’n beer wat my voorlê, ’n leeu in skuilplekke.
11 Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot ’n woesteny gemaak.
12 Hy het sy boog gespan en my as ’n teiken vir die pyl opgestel.
13 He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.
14 Ek het ’n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.
15 Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wildeals laat drink.
16 Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.