39 Wat klaag ’n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.
40 Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;
41 laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
42 Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.
43 Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.
44 U het Uself in ’n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;
45 U het ons ’n uitvaagsel en ’n wegwerpsel onder die volke gemaak.