47 skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.
48 My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.
49 Ajin. My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,
50 totdat die Here uit die hemel neersien en aanskou.
51 My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.
52 Sade. Hulle het my soos ’n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;
53 hulle het my lewe in ’n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi.