1 EN die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die Here ’n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of van kleinvee.
3 As sy offer ’n brandoffer is van beeste, moet dit ’n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die Here kan vind.
4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.