5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;
7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
8 En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.
10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.