13 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
15 En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ’n kind van die land sowel as ’n vreemdeling, moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
16 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.