8 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n brandoffer of ’n slagoffer bring,
9 en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die Here te berei nie — dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
10 EN elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
12 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
13 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.