34 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die Here julle God.
35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.
36 Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
37 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die Here.