3 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die Here.
4 En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.
5 En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
6 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.
7 En as ’n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
8 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die Here bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
9 En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.