15 Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring — sewe volle weke moet dit wees;
16 tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe spysoffer aan die Here bring.
17 Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van ’n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die Here.
18 Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ’n brandoffer aan die Here wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
19 En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,
20 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die Here heilig wees, ten voordele van die priester.
21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.