15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
16 En wie die Naam van die Here laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy die Naam laster, moet hy gedood word.
17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.
18 Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.
19 En as iemand aan sy naaste ’n liggaamsgebrek toebring — soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:
20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand — dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ’n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.
21 Hy dan wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ’n mens doodslaan, moet gedood word.