34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is ’n ewige besitting vir hulle.
35 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ’n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.
36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.
37 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.
38 Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.
39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
40 Soos ’n dagloner, soos ’n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;