1 EN as ’n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die Here bring.
2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
3 Dan moet hy van die dankoffer ’n vuuroffer aan die Here bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.