5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
6 En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan die Here, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
7 As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die Here bring
8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die Here bring: die hele vetstert — naby die stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.
11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die Here.