10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ’n rein plek uitbring.
12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.
14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die Here voor die altaar bring,
15 en een moet daarvan ’n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die Here.
16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ’n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.