1 GODSPRAAK. Die woord van die Here aan Israel deur die diens van Maleági.
2 Ek het julle liefgehad, sê die Here. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die Here. Tog het Ek Jakob liefgehad,
3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ’n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê die Here van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die Here vertoornd is tot in ewigheid!