12 Dit is ’n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufraat, en van see tot see, en van berg tot berg.
13 Maar die aarde sal ’n wildernis word vanweë sy inwoners, as gevolg van hulle handelinge.
14 Wei u volk met u staf, die kudde wat u erfdeel is, wat afgesonderd woon in ’n bosveld op Karmel; laat hulle wei in Basan en Gílead soos in die ou dae.
15 Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal Ek hom wonders laat sien.
16 Die nasies sal dit sien en skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word.
17 Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die Here onse God, en hulle sal vir U vrees.
18 Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid.