2 Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!
3 Ruiters op ’n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En ’n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie — ’n mens struikel oor hulle lyke!
4 Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, ’n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.
5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.
6 En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou ’n skouspel maak,
7 sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?
8 Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?