4 Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword.
5 En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.
6 Toe stuur die Here giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
7 En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die Here en teen u gespreek het. Bid tot die Here, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
8 Daarop sê die Here aan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
9 Toe het Moses ’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.
10 En die kinders van Israel het weggetrek en laer opgeslaan in Obot.