1 DAARNA het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo.
2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,
3 het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.
4 Toe sê Moab vir die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.