17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.
18 Op die eerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.
20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.
21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.
22 Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.
23 Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.