32 En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
33 en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
34 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
35 Op die agtste dag moet daar vir julle ’n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
37 hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
38 en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.