1 DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ’n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links.
3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy ’n dwaas is.
4 As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.
5 Daar is ’n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, ’n dwaling wat van die maghebber uitgaan:
6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.
7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.